Die wêreld is gereed. Europa is gereed. Israel is terug in die land. Die Woord is oor die hele wêreld verkondig Die gees van die afvalligheid van die antichris is oral, wetteloosheid is oral. Alles is gereed. Die vraag is, is jy gereed. Die Wegraping vind vir seker plaas. Dit is nie verniet dat Jesus die gelykenis van die tien maagde vertel het nie, want hulle was tien en almal was maagde en hulle was almal in wit geklee en hulle had almal ‘n lamp en almal het gewag, maar net vyf was gereed met olie in hul lampe.
Het jy olie in jou lamp? Het jy die Heilige Gees? Is jy wedergebore? Is jy jy geesvervuld? Weet jy dat jou Verlosser leef? Weet jy dat oordeel om die draai is? Weet jy dat jy vrygestel is van oordeel omdat jy in die Een glo en wie in Hom glo, word nie veroordeel nie, maar hy wat nie reeds in Hom glo nie, word veroordeel?
Om jou te help om seker temaak van die Ewige Lewe, bied ons jou die Die Drie Vrae van Ewige Belang.
AS JY NOU SOU STERF, WAAR GAAN JY HEEN?
HEMEL –
EWIGE LEWE MET JESUS (John 3:16)
OF
HEL –
EWIGE VERDERF MET SATAN (Open. 20:10)
Dink ‘n bietjie daaroor en maak seker!!
WANT DIT KAN OOR ‘N MINUUT WEES
Lukas 21:5-19
DRIE VRAE – Van EWIGE belang
1. Wat moet ek doen om gered te word?
2. As ek gered is, wat dan?
3. As ek ongered bly, WAT DAN?
Wat moet ek doen om gered te word?
1. Ek moet besef dat ek ‘n sondaar is.
“ALMAL het gesondig, en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God.” – Rom. 3:23. “As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself.” – (1 Joh. 1:8,1; Kon. 8:46; Jer. 17:9-10).
2. Ek moet besef dat die loon van die sonde die dood is. (Rom. 6:23).
“Hulle sal straf ondergaan, ‘n EWIGE VERDERF….” – (11 Thes. 1:9. “Hy wat in die vlees saai, sal…. VERDERF MAAI….” – (Gal. 6:8).
3. Ek moet besef dat ek magteloos is om myself te red.
“UIT DIE WERKE VAN DIE WET sal GEEN VLEES voor GOD GEREG-VERDIG word nie….” – (Rom. 3:20). “NIEMAND kan ooit ‘n BROEDER LOSKOOP nie, hy kan aan GOD SY LOSPRYS NIE GEE NIE….” – (Ps. 49:8,9; Jak. 2:10).
4. Ek moet besef dat Jesus Christus die enigste Verlosser is.
“Ek is DIE WEG, die WAARHEID en die LEWE: Niemand kom na die Vader BEHALWE deur MY nie….” – (Joh. 14:6).
5. Ek moet berou hê oor my sondaarskap en dit voor God bely.
“Kom dan tot INKEER en BEKEER julle….” – (Hand. 4:12; 25:18) “As ons, ons sondes BELY…. Hy is getrou en regverdig om ons sondes te vergewe en ons van al ons ongeregtighede te REINIG.” – (Joh. 1:9).
6. Ek moet Christus deur die Geloof aanneem as my persoonlike Verlosser.
“Almal wat Hom AANGENEEM het…. Het hy mag gegee om kinders van God te word….” – (Joh. 1:12; Joh. 3:16,30; Hand. 13:38,39; Rom. 10: 9,10).
AS EK GERED IS, WAT DAN?
1. Dan is ek ‘n Nuwe Skepsel.
“As iemand in Christus is, is hy ‘n NUWE SKEPSEL…. Ou dinge het verby gegaan…. Het alles NUUT GEWORD.” – (1Kor. 5:17).
2. Dan het ek die Ewige Lewe.
“Hy wat in die Seun glo, het die EWIGE LEWE….” – (Joh. 3:36; 6:47; 1 Joh. 5:12)
3. Dan het ek Sekerheid van my Verlossing en my Ewige Behoud.
“Die GEES self GETUIG saam met ons gees dat ONS KINDERS VAN GOD IS.” – (Rom. 8:8). “Ek gee hulle die Ewige Lewe en hulle sal NOOIT VERLORE GAAN tot in Ewigheid nie….” – (Joh. 10:29; Filip. 1:6; Joh. 5:10-13; Jes. 43:1 – 8.
4. Dan moet my Geestelike Lewe Altyddeur groei.
“Julle moet TOENEEM in die GENADE en KENNIS van onse Here ….” – (11 Pet. 3:18).
“Word met die GEES VERVUL.” – (Efes. 5: 18b).
“Jaag die HEILIGMAKING na….” (Heb. 12: 14; 1 Pet. 1:15-16.
Hiervoor is Gereelde Gemeenskap met die Heiliges, daaglikse Bybelstudie en Innige Gebedsgemeenskap met God, onontbeerlik.
5. Dan moet ek God en my Naaste Dien.
Deur my GEDRAG — (1Kor. 6: 19,20; Filip. 2:15).
Deur my gawes – (1Pet. 4: 10; Tit. 2:14; Tit. 3: 8; Efes. 2: 10; Jak. 2:20).
Deur my GETUIENIS – (Hand. 2: 4, 11; Eseg. 3: 17,18). Want ek is gered om VRUG TE DRA (Joh. 15: 16) om te VERKONDIG (1 Pet. 2: 9), om TE GETUIG (Hand. 1: 8).
6. Dan moet ek My Ganse Lewe God Verheerlik. (1 Kor. 6: 20; 1 Kor). 10: 31 ; Kol. 3: 23.
AS EK ONGERED BLY, WAT DAN?
1. Dan is ek nog in sonde.
“As julle nie glo nie…. Sal julle in julle sonde sterwe.” – (Joh. 8: 24; 1 Kor. 15: 17).
2. Dan sal ek die Ewige Lewe nooit sien nie.
“Maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die Lewe nie sien nie en die toorn van God bly op Hom.” — (Joh. 3:36; Hebr. 10:26-31.
3. Dan leef ek voort in ‘n bange onsekerheid, ‘n knaende onrus en ‘n verskriklike verwagting.
“Geen vrede sê my God, vir die goddelose nie…. Maar ‘n verskriklike verwagting van oordeel en ‘n vuurgloed wat die teenstanders sal verteer. – (Jes. 57:21; Heb. 10:27).
4. Dan sal ek geestelike nooit groei nie en is my siel geleidelik besig om te verhard en te sterwe.
“Daarop het Nabal se hart in sy binneste gesterwe en hy was soos ‘n klip. – (1 Sam. 25:37; Rom. 6: 23).
5. Dan beteken ek vir God en my naaste niks; ek is onvrugbaar en maak onvrugbaar.
“Kap hom uit, waarvoor maak jy die grond onvrugbaar?” – Luk. 13:7; Joh. 15: 2 en 6).
6. Dan is my ganse lewe tot oneer van God en ek verwerp sy plan vir my lewe.
“Ek wou…. Maar julle wou nie.” – (Matt. 23: 36; Jes. 65: 2).